Preagnant met ‘n nuwe ‘verlede’…


Steek jou sigaret aan, gooi jou glasie wit,vloeiende wegsteek. Jou liefde is terug en die maan skyn vol.

Roep my en vra my vrae wat ek haat om te antwoord. Die argument steek tong uit en draai die mes. Die kleinding smag na aandag en jy is verslaaf aan wat langs jou sit. Altyd gereed om dit te defend en te regverdig. Ignoreer dit wat belangrik en fout is. Kritiseer dit wat reg voel by my –dit waarin jy ook eens op ‘n tyd geglo het. Jy het ‘n voorliefde om koeie uit die sloot te grou en die suur melk in my gesig te smeer. Jy weet watter van jou wapens maak die serest en is nie bang om hulle te gebruik nie.

Jy raak fragile wanneer ek reg is en die eindbestemming is ‘n hangdraad van uitgedrookte en smudged maskara. Van wanneer af wou jy he ek moet so min van jou hou? Hier moet ek uit en ver weg want ‘compromise’ het ‘n swaar word geword waarvoor jou verstand te limited is om te dra.

Ek glo nog altyd wanneer jy te oopkop is val jou brein uit.

Soos sy gese het. Sy kon nie glo sy’t vir 9 maande in jou rondgehang nie. En al is dit die TV se skuld date k dink sy’s reg beteken dit nie ek is minder life vir jou nie. Ons rolle ruil om.

Jou persepsies trek ‘n skewe lyn deur my wese en skeur die punt van my hart af-daar waar jy gewoonlik was. En jy’s verslaaf, verslaaf aan dit wat lank lank gelede moes wees, voor ek nog net ‘n sparkle in jou oe was.

Jou nuwe ‘verlede’ wat ons hede oorneem.

Leave a comment

Filed under Uncategorized

Skinderstoep…

“Jy kan jou vriende kies maar nie jou familie nie.”

Party gesinne haal asem van familieskandes, en ek moet bieg, ek was van kleins af al fascinated met familieprobleme.  Jou ma en haar vriendin het altyd jou en jou maatjies uit die geselskap gejaag met ‘n beker koffie op die skoot en ‘n sigaret in die hand en gese dis hulle tyd.  (Al sien hulle mekaar elke liewe dag want hulle woon op dieselfde dorp net soos die res van die familie.)

Jy weet dit gaan ‘n interesting conversation raak wanneer sy met wilde oe in die beste vriendin se kombuis instap terwyl sy jou aan die arm agter haar sleep en die koffie is klaar gemaak.  Hulle kan nie wag om op die stoep te kom nie.  Jy wil defenitief een van hierdie episodes om die hoekie afluister.

As ek raad kan gee aan Ma’s, dis hierdie gesprekke wat uitglip wanneer jou kleinding jou afluister omdat hy/sy nie toegelaat was in die gesprek nie.  Jy wil daar wees in die vroee stadiums om ‘n lyn te trek en te se:”Sussie hierdie vertel jy nie oor nie hoor?  Dis grootmens goed en is nie vir  jou ore bedoel nie.”  Hulle leer nog hoe om ‘tanne te tel’, onthou?…

 die gesprek gaan ernstig voort.

Partymaal as ek soortvan ‘unnoticed’ in die gesprek toegelaat was,het ek nuwe familielede gekry.  Soos ‘n geheime groep mense wat veskriklike goed gedoen en gese het met die weirdste byname soos: Die Een Wat Ons Nie Noem Nie, Jy Weet Mos Wie, Die se Sussie/Boetie/Pa/Aangetroude Stief-Ouma, Slimmes (sarkasties natuurlik),Piet & San of Die Melkman.

Vesigtig hier.  ‘n Man het ‘n aflewering gedoen by my tannie se winkel gedurende haar en Ma se koffie sessie toe ek vir haar vra of dit nou die melkman is van wie sy gepraat het.  Hulle het mekaar gegluur en Ma moes skielik baie dringend by die winkels uitkom ‘voor dit toemaak’.  Ons is egter huistoe en ek en sy het ‘n ernstige praatjie gehad.

Die dag daarna het Ma sommer haar hart by haar mond uitgespoeg op haar vriendin se stoep.  Manne, van klets kon jy daai dag vir die twee niks vertel nie.

Dit het begin by die vorige dag se voorval van Die Melkman natuurlik, toe watter boetie in die tronk is, by watter oom se begrafnis daar na die tyd ‘n partydjie gehou is.  Wat Oupa altyd in die lokasie gesoek het.  Hoekom jou sussie se kinders nie so oulik soos jou eie is nie.  Watter niggie/nefie is gay en wie was nog altyd die swart skaap van die familie.  Watter deel van die familie woon nie kerkdiens by nie en party afgelyde redes daarby.  (Assumptions is altyd deel van die paket.)  Wat by laasjaar se berigte familie- reunie gebeur het en hoekom Tannie Tas en Oom Hennie nie meer saam in dieselfde bed slap nie.

Aan die einde hoop jy maar net jy’s nie in Benoni of Boksburg gebore nie want volgens Ma is dit waar al die kommen familielede vandaan kom.

So word stok-ou vrot koeie uit die sloot gegrawe.  Oor en oor en oor.

Dis nege jaar later.  Die stoep spog met ‘n gras afdak en ‘n ingeboude braai-area.  Ek word in die grootmense se gesprek toegelaat sonder om twee keer daaroor te dink en Ma is tjoep-stil.  Sy sit met ‘n sigaret in die hand en ‘n koppie koffie op die skoot.

“Jy moes lankal geskei het.” se Tannie Susan vi Ma.

Ek sou nie regtig stry nie, maar ten minste het ek ‘tanne tel’ bemeester.;)

Leave a comment

Filed under Lewe

‘n Pakkie inkleurkryte

Langs die pad tussen gister en vandag moes jy ‘n nuwe pakkie kryte by Hom gekry het want jou lewe lyk vir my baie kleurvol. Ek is jaloers, maar ek en jy weet baie goed dit vat skills om so groot order te plaas.
En ek het so lanklaas geglo in wat ek se.

Hoe troos ‘n mens jouself stilstaande? Die troos is net daar wanneer jy weet jy kan iets aan die situasie doen. Wanneer geduld inskop omdat jy alreeds weet dinge gaan verander.
My pad is die regte een, maar ek dink hy’s in die teenoorgestelde rigting van vorige kere. Die kontoere is grof maar dit gee meer vastrap plek. Soos die levels op ‘n computer game. Level 1 vir my, want ek struikel sommer sonder die bumps.
Een van daai.
Ek het ‘n nuwe seisoen betree. Die son het met sy bruin verf die sneeu se bleekheid op my lyf kom toeverf. Dis nie ‘n permanente lag nie en daar is geen waarborg. Ek leen dit net.
Soos my seisoene was jy ook tydelik en ek sou dit nooit kon raai nie. As ek dit vroeer geweet het sou ek ver weg van jou af gebly het. Maar ek dink Liewe Jesus het jou vir my geleen sodat jy jou inkleurkryte met my kon deel vir ‘n rukkie.
Hier hang ons prentjie geraam in die binnekamers van my herinneringe. Niks kan bygelas of weggevat word nie, en tog voel ek dit is nie volmaak nie. Soos ‘n boek waarvan ‘n hoofstuk missing is of jy voel jy kon ‘n baie beter einde geskryf het as die een waarvan jy geen keuse gehad het nie.
Ek is seker ek sal vergewe word as ek bietjie meer van jou tyd begeer.
Almal mag droom.
In the meantime I’ve learnt a lesson: “Never make someone a priority in your life while you are only in option in theirs.”
Ek het dalk my vervaldatum beryk maar gelukkig is daar fresh produce oppad. Vir my. En al hoe ek dit weet is omdat ek nie die order geplaas het nie, want ek het nie die skills nie.
I found the Secret Glue that holds all things together, en dis ironies, want hoe meer jy dit deel hoe langer hou dit.
Laat weet my as jy weer ‘n stukkie van my prentjie wil inkleur dan kan ek dit miskien as wallpaper plak met my spesiale gom.

Leave a comment

Filed under Vriendskap

…en ‘n besem

Verdwyn uit my gedagtes uit en vee jou spore toe soos jy gaan sodat ek jou nie weer kan vind wanneer ek myself verbeel ek verlang na jou nie…

Leave a comment

Filed under Vriendskap

Validity

Die see is kwaad vinaand en spog met sy frustrasie deur yskou trane in my gesig te gooi. Hoe wens ek nie ek kan ook so onbeheers my trane en hartseer in iemand se gesig gooi nie. Om net iemand te he om te blammeer terwyl ek te goed weet dis my eie skuld.

Hoeveel geheime le daar nie opgevang in hierdie waters nie? Ek dink aan Ingrid Jonker wat selfmoord gepleeg het en sorgeloos in die see ingestap het en wonder of haar hart skoongespoel is voor sy weggevat is. In watter mindframe moet ‘n mens wees om al die moed bymekaar te skraap om dit reg te kry? Dit maak my bang om te weet dat emosies so sterk kan raak dat jy dit net oorgee aan iets wat die Almagtige so sterk en kragtig maak op tye wanneer die maan vol skyn en dit lyk of die branders verlig word.

Daar is niks soos om in die aand voor die see te sit met die sterre bo jou, die stadsliggies langs jou en ‘n skip wat anker gegooi het in die verte nie. Dit laat ‘n mens nogal al jou sorge in die see gooi, so dan verbaas dit my gladnie dat iemand dit letterlik wou doen nie.

Dis lekker om weer bewus te word van Sy teenwoordigheid, om te voel daar is Iemand terwyl daar niemand is nie.

Dit word koud, maar ek wil my kop net so bietjie verder laat weghardloop sodat ek van myself kan vergeet…want dan sal Hy my onthou…

Leave a comment

Filed under Lewe

The Mighty Wind

Meet Sue; a girl who wished there was a wind strong enough to throw herself into so she could be swept away and end up somewhere else.

Somewhere where her destiny would be clearer, where she hasn’t lost contact and people she loved before would stay in her life a little longer.  Somewhere where her  talents wouldn’t just be hobbies.  Where she’d lose herself completely and still come out fine at the other end.  

Life reaches a pointless slow-motion drag.  A per-second bill where none of it counts but it’s still expensive to just ‘be’.

Sue, meet Adam.

Sue was confused.  Adam wasn’t what she’d expected.  He had some guts for starters.  He elaborated before she asked.  He was competent.  He knew excitement and his jokes were unrehearsed.  He didn’t repeat them to tell a ‘good one’.  He didn’t quote Sue in conversations with friends and he never hoped that this time it’ll be different.

Adam was.

She envied his inappropriateness when the sun compromised for the moon.  He ticked with passion.

Sue loves Adam and Adam loves Sue.

He has a surprise…

He picked her up and carried her to his car.  They drove for 6 hours non-stop when they got to a garage.  He filled the car with R23,11c, bought her a Wimpy Coffee, gave her a chocolate croissant and opened a book.

Sue’s suspicion was doing the Tango on her face but she didn’t question.  This was something special.  She waited in anticipation.

“And when the storm comes, and the Mighty Wind shakes the forest, and the thunder and lightning proclaim the majesty of the sky,-then let your heart say in awe, “God moves in passion”.  And throw yourself to the wind.”

So they drove to the near forest and reached the dark centre just before twilight when the Mighty Wind came.

“God moves in passion”

Along with Adam, swept away, was Sue.

Leave a comment

Filed under Liefde

Hardly Revenge

Let’s be done with, drop the bomb, let it explode.

I wanna get over you.

Kick all the habits, rip all the pages, delete all the messages and forget what we had…defrag my memory. Explore new horizons. Wipe your face.

It will be the best thing that could happen to me right now.

This is fishpaste…you made a point of it.

Now allow me to do the same since we’re taking this in turns…

Leave a comment

Filed under Vriendskap

The viscous circle

Do you ever try to hold on to words so tightly that you find yourself almost wanting to lift it out of the sentence and grab hold of it?

Try to get into the person’s head who wrote it, have the same temperature, the same mood, same thoughts, same surroundings, same feelings, same smell.

The person becomes too special to bare. The love from your side is so strong that you’re scared it might become some sick obsession. All you think about is them and how much you’re in love, but also how much they’re not in love with you. You go through their apologies but it just doesn’t seem possible that anything could be their fault as they’re so bloody damn perfect in your eyes. So even if their reasons are good enough to just leave it at that, you start looking at yourself. Where did I go wrong, was it something I said, was it something I did? Bollocks!

You start getting angry. Who the f#ck do they think they are? They don’t have a heart. They think they’re so above you. Do they even know how to spell the word ‘love’? F#ck them. If I’m not good enough for them; they’ll never find someone who will be.

This is where jealousy starts kicking in. You can’t stand the thought of them falling in love with someone else. It starts driving you a bit insane and you do stuff on purpose and it makes you seem a bit weird but you don’t give a shit because how dare they blatantly fall in love with someone else right in front of you? They hold your attention because you can’t stop looking at them. They look at you, you spend a couple of seconds where sound and movement stops, surroundings disappear completely and your heart rate drops to what seems like twenty beats a minute. They turn their heads away, kiss the person in front of them and you can almost feel your heart shatter.

Reality hits like an explosion, but Darling, you were the one who lit the TNT.

It hurts for months after that. You try to ignore it. You even make stupid jokes about it when you’re having coffee with that special person again. They laugh, and it makes you sickeningly happy. You are impressionable by this person that almost tore your sanity apart. But still, you can’t help but wish them all the happiness in the world.

So you try to be normal again. Concentrate on the job for a bit. You’ve stopped looking at their pictures forty times a day and you’re even contemplating flirting with someone else again.

Then BAM!, they drop you a text out of the BLUE! Something really stupid as well like: “Stay happy”. And it does, it makes you so ecstatically happy but at the same time you feel how something rips loose again. Once again your head is going crazy with questions. Where are they? Why did they send me a text NOW? What made them send it? Why were they thinking of me? Did they remember something special?

You start replying. You think of a million persuasions and try to give them back the heart they threw back at you. You think of all the things you could say to try and make them fall in love with you again. This is the best you can do:

“I’ll try, thanks.” ……

No reply…

Leave a comment

Filed under Liefde

Die jong hart…(2 jaar terug)

Dis more Lentedag…maar die berge wat om my soos wallpaper geplak is lyk nie of hulle binnekort die spierwit icing van hulle koppe afgelek sal kry deur die son nie.  Inteendeel, vandag is daar meer sneeu op die berge as die hele winter saam.  Ironies.  Dit reen aneen en die wind ruk aan elke venster en klop aan my hart se deur.

Ek’t besef;  is al vinniger oppad net mooi nerens heen nie.

Ek probeer dink waar my lewensmotortjie, ‘n metallic blou Uno.‘s.ek.inni.kak sy U-turn gemaak het.  Ek is ‘n persoon wat daarvan hou om baie van myself te deel, ek hou nie myself reserved vir net spesiaal uitgesoekte mense nie, maar die dat ek lately met my hart op my mou geloop het lyk dit my hy’t erens langs die grondpad verloor saam met die res van my wat ek sommer-so laat val het.  Die symptoms het lankal begin wys, fisies en emosioneel.  Ek het nie verwag dat ek so gou al sal maai wat ek gesaai het nie.

G’straand, in my mental mirror, was ek ongewillig voorgestel aan ‘n persoon.  Ons gesprek was nie verbaal gevoer nie, maar boekdele was geskryf.  Ek het haar oe ontwyk, ek was bang die geraamtes in my kas spring uit en gee ‘n pasella opvoering.  Die waarheid maak mos seer.  Ek ken elkgeval klaar al haar geheime.  Conformity het haar vervelig gemaak.

Flippit!  Net toe alles regkom en ek weer in beheer begin voel belemmer ek my eie sig en jaag op die speedbump af…daar is onheil in my vermoede..het ek te ver gegaan die keer?  Het ek Jou nou soos my hart verloor?

Onsekerheid oor als gooi my wese waansinnig en sonder verantwoordelikheid heen-en-weer.  Skaduwees van herinniring het hulself in my kamer en in my kop opgehang.  Ek wens ek het meer beheer gehad oor wat ek gese- en doen het.  Dis soos ‘n reminder wat heeltyd in my geestesoog flash met geen snooze- knoppie nie.

Face the music.

Ek staan langs die pad en kyk op na die berge; “Waar sal my hulp vandaan kom?” 

Leave a comment

Filed under Lewe