Category Archives: Lewe

Skinderstoep…

“Jy kan jou vriende kies maar nie jou familie nie.”

Party gesinne haal asem van familieskandes, en ek moet bieg, ek was van kleins af al fascinated met familieprobleme.  Jou ma en haar vriendin het altyd jou en jou maatjies uit die geselskap gejaag met ‘n beker koffie op die skoot en ‘n sigaret in die hand en gese dis hulle tyd.  (Al sien hulle mekaar elke liewe dag want hulle woon op dieselfde dorp net soos die res van die familie.)

Jy weet dit gaan ‘n interesting conversation raak wanneer sy met wilde oe in die beste vriendin se kombuis instap terwyl sy jou aan die arm agter haar sleep en die koffie is klaar gemaak.  Hulle kan nie wag om op die stoep te kom nie.  Jy wil defenitief een van hierdie episodes om die hoekie afluister.

As ek raad kan gee aan Ma’s, dis hierdie gesprekke wat uitglip wanneer jou kleinding jou afluister omdat hy/sy nie toegelaat was in die gesprek nie.  Jy wil daar wees in die vroee stadiums om ‘n lyn te trek en te se:”Sussie hierdie vertel jy nie oor nie hoor?  Dis grootmens goed en is nie vir  jou ore bedoel nie.”  Hulle leer nog hoe om ‘tanne te tel’, onthou?…

 die gesprek gaan ernstig voort.

Partymaal as ek soortvan ‘unnoticed’ in die gesprek toegelaat was,het ek nuwe familielede gekry.  Soos ‘n geheime groep mense wat veskriklike goed gedoen en gese het met die weirdste byname soos: Die Een Wat Ons Nie Noem Nie, Jy Weet Mos Wie, Die se Sussie/Boetie/Pa/Aangetroude Stief-Ouma, Slimmes (sarkasties natuurlik),Piet & San of Die Melkman.

Vesigtig hier.  ‘n Man het ‘n aflewering gedoen by my tannie se winkel gedurende haar en Ma se koffie sessie toe ek vir haar vra of dit nou die melkman is van wie sy gepraat het.  Hulle het mekaar gegluur en Ma moes skielik baie dringend by die winkels uitkom ‘voor dit toemaak’.  Ons is egter huistoe en ek en sy het ‘n ernstige praatjie gehad.

Die dag daarna het Ma sommer haar hart by haar mond uitgespoeg op haar vriendin se stoep.  Manne, van klets kon jy daai dag vir die twee niks vertel nie.

Dit het begin by die vorige dag se voorval van Die Melkman natuurlik, toe watter boetie in die tronk is, by watter oom se begrafnis daar na die tyd ‘n partydjie gehou is.  Wat Oupa altyd in die lokasie gesoek het.  Hoekom jou sussie se kinders nie so oulik soos jou eie is nie.  Watter niggie/nefie is gay en wie was nog altyd die swart skaap van die familie.  Watter deel van die familie woon nie kerkdiens by nie en party afgelyde redes daarby.  (Assumptions is altyd deel van die paket.)  Wat by laasjaar se berigte familie- reunie gebeur het en hoekom Tannie Tas en Oom Hennie nie meer saam in dieselfde bed slap nie.

Aan die einde hoop jy maar net jy’s nie in Benoni of Boksburg gebore nie want volgens Ma is dit waar al die kommen familielede vandaan kom.

So word stok-ou vrot koeie uit die sloot gegrawe.  Oor en oor en oor.

Dis nege jaar later.  Die stoep spog met ‘n gras afdak en ‘n ingeboude braai-area.  Ek word in die grootmense se gesprek toegelaat sonder om twee keer daaroor te dink en Ma is tjoep-stil.  Sy sit met ‘n sigaret in die hand en ‘n koppie koffie op die skoot.

“Jy moes lankal geskei het.” se Tannie Susan vi Ma.

Ek sou nie regtig stry nie, maar ten minste het ek ‘tanne tel’ bemeester.;)

Leave a comment

Filed under Lewe

Validity

Die see is kwaad vinaand en spog met sy frustrasie deur yskou trane in my gesig te gooi. Hoe wens ek nie ek kan ook so onbeheers my trane en hartseer in iemand se gesig gooi nie. Om net iemand te he om te blammeer terwyl ek te goed weet dis my eie skuld.

Hoeveel geheime le daar nie opgevang in hierdie waters nie? Ek dink aan Ingrid Jonker wat selfmoord gepleeg het en sorgeloos in die see ingestap het en wonder of haar hart skoongespoel is voor sy weggevat is. In watter mindframe moet ‘n mens wees om al die moed bymekaar te skraap om dit reg te kry? Dit maak my bang om te weet dat emosies so sterk kan raak dat jy dit net oorgee aan iets wat die Almagtige so sterk en kragtig maak op tye wanneer die maan vol skyn en dit lyk of die branders verlig word.

Daar is niks soos om in die aand voor die see te sit met die sterre bo jou, die stadsliggies langs jou en ‘n skip wat anker gegooi het in die verte nie. Dit laat ‘n mens nogal al jou sorge in die see gooi, so dan verbaas dit my gladnie dat iemand dit letterlik wou doen nie.

Dis lekker om weer bewus te word van Sy teenwoordigheid, om te voel daar is Iemand terwyl daar niemand is nie.

Dit word koud, maar ek wil my kop net so bietjie verder laat weghardloop sodat ek van myself kan vergeet…want dan sal Hy my onthou…

Leave a comment

Filed under Lewe

Die jong hart…(2 jaar terug)

Dis more Lentedag…maar die berge wat om my soos wallpaper geplak is lyk nie of hulle binnekort die spierwit icing van hulle koppe afgelek sal kry deur die son nie.  Inteendeel, vandag is daar meer sneeu op die berge as die hele winter saam.  Ironies.  Dit reen aneen en die wind ruk aan elke venster en klop aan my hart se deur.

Ek’t besef;  is al vinniger oppad net mooi nerens heen nie.

Ek probeer dink waar my lewensmotortjie, ‘n metallic blou Uno.‘s.ek.inni.kak sy U-turn gemaak het.  Ek is ‘n persoon wat daarvan hou om baie van myself te deel, ek hou nie myself reserved vir net spesiaal uitgesoekte mense nie, maar die dat ek lately met my hart op my mou geloop het lyk dit my hy’t erens langs die grondpad verloor saam met die res van my wat ek sommer-so laat val het.  Die symptoms het lankal begin wys, fisies en emosioneel.  Ek het nie verwag dat ek so gou al sal maai wat ek gesaai het nie.

G’straand, in my mental mirror, was ek ongewillig voorgestel aan ‘n persoon.  Ons gesprek was nie verbaal gevoer nie, maar boekdele was geskryf.  Ek het haar oe ontwyk, ek was bang die geraamtes in my kas spring uit en gee ‘n pasella opvoering.  Die waarheid maak mos seer.  Ek ken elkgeval klaar al haar geheime.  Conformity het haar vervelig gemaak.

Flippit!  Net toe alles regkom en ek weer in beheer begin voel belemmer ek my eie sig en jaag op die speedbump af…daar is onheil in my vermoede..het ek te ver gegaan die keer?  Het ek Jou nou soos my hart verloor?

Onsekerheid oor als gooi my wese waansinnig en sonder verantwoordelikheid heen-en-weer.  Skaduwees van herinniring het hulself in my kamer en in my kop opgehang.  Ek wens ek het meer beheer gehad oor wat ek gese- en doen het.  Dis soos ‘n reminder wat heeltyd in my geestesoog flash met geen snooze- knoppie nie.

Face the music.

Ek staan langs die pad en kyk op na die berge; “Waar sal my hulp vandaan kom?” 

Leave a comment

Filed under Lewe